bronze, bronze sculpture, bronze statue, bronze cast eagle, bronze casting bronze, bronze sculpture, bronze statue, bronze cast eagle, bronze casting bronze, bronze sculpture, bronze statue, bronze cast eagle, bronze casting
a man only lives once, but his fame lasts forever
Click on images for larger view. Use left & right arrow keys to
scroll through images.


Dietmar, Equipoise and Sailfish


Visitors watching a casting


Goose on Millstone


Dietmar Drilling


Dietmar Patinering


Cutting the moulds

  Biography (Afrikaans)

Afrikaans

English

German

French

Dietmar se werk is al op 35 groep uitstallings in Suid-Afrika vertoon.  Hy het al vier eenman vertonings gehou in Suid-Afrika sowel as agt internasionale vertonings.
1994 - Mauritius, “St Geran Hotel”
     
1994 - Singapore, “Tresors”
     
1995 - VSA, Miami Beach, “Miami Arts 95”
     
1995 - Switserland, Basle, “Hotel Intercontinental”
     
1997 - Singapore, Sentosa Island “South African Fair”
     
1998 - Portugal, -Lissabon, - “Expo ‘98” – “The Oceans, A Heritage for the Future”
Die Suid-Afrikaanse regering het aan Dietmar die opdrag gegee om die ingang na hul paviljoen te ontwerp en te versier met sy kunswerke.  Vier en sestig brons beelde in die vorm van marine lewe en voëls, met ‘n gewig van ongeveer 800 kg is na Lissabon gevlieg en teen watervalle en natuurlike rotspoele gemonteer deur  Dietmar en sy vrou Lesley.  Dit was een van die mees gefotografeerde uitstallings by hierdie Expo. (Mei tot September 1998.)
     
2000 - Duitsland, Hanover, - “Expo 2000” – (Junie – Oktober 2000.)
     
2000   Frankryk -– Antibes, “The World Underwater Festival” (Festival Mondial d’Images Sous-Marines)
Dietmar is hier deur die organiseerders genooi om sy kuns uit te stal.  By hierdie skou word hy dan ook deur deskundiges gereken as een van die wêreld leiers op die gebied van beeldhouwerk van marine lewe.
     
Dietmar ontvang die volgende toekennings:
2000 - -“Presidential Merit Award” (Sanlam Krugersdorp Besigheidsprestasie Toekenning) vir sy unieke produkte.
2001   “The Artists & Crafters” toekenning van die Sanlam Mogale Stadsbesigheid  Presteerders. 

Dietmar glo hy is ‘n baie geseënde man omdat hy van die huis af kan doen dit wat hom naaste aan die hart lê, en ‘n lewe daaruit kan maak.  Hy dank God elke dag vir sy vele talente en neem dit nie as vanselfsprekend aan nie. 

Dietmar beskou sy geliefde vrou, Lesley, as die grootste geskenk wat hy ooit kon vra.  “Vir my is sy nie alleen die perfekte vrou, vriendin, sielsmaat en minnares nie, maar ook die mees onbaatsugtige en talentvolle besigheidsvennoot wat ek ooit voor kon wens.  Lesley doen so baie vir my.  Sy help my in my studio, sy behartig die ateljee, organiseer al die uitstallings, plaaslik sowel as internasionaal, al die openbare skakelwerk en bemarking, verpakking en versending van die beelde, die bestel en afhaal van al die voorrade en alle administratiewe werk.  Dit is maar ‘n deel van wat sy doen.  Sy bederf my op so baie maniere, en dan is sy nog ‘n fantastiese huisvrou en help my om die plaas te bedryf.  Sy het baie min tyd om haar eie passies, wat tuinmaak, blommerangskikking en pottebakkery insluit, uit te leef.

Ek glo, agter elke suksesvolle man is ‘n totaal uitgeputte vrou.  Om alles te kroon, deel Lesley my stokperdjies en belangstellings met ‘n passie van haar eie.  Haar eintlike professie is die van fynproewersjef.  Sy het vir baie jare in top hotelle en restaurante gewerk, waar ons dan ook ontmoet het – ek beskou ons as die perfekte paartjie”.

In die ongerepte en asemrowende plattelandse natuurskoon, hang hulle knus houtkothuis, letterlik 40 meter bokant die walle van die Krokodilrivier.  Met ‘n teleskoop en verkyker, kan Dietmar omtrent al die voëls wat hy in brons verewig, van sy balkon af bestudeer.  Dit wissel van wilde ganse, reiers, visvangers, kraanvoëls tot so nou en dan ‘n visarend.

Al die bouprojekte is deur Dietmar en Lesley self ontwerp en gebou.

Verskeie romantiese gastebungalows, ‘n ongewone swembad wat in die rotse gebou is, ‘n pragtige teetuin en ‘n buitelug area waar uitstallings gehou word met ‘n dosyn verskillende fonteine en watervalle waarin reuse koi visse en visse uit die rivier swem, twee knus inhamme in die rivier wat wegkruip tussen twee kranse, en dan Dietmar se kunswerke, maak hierdie 'n kuns ervaring wat geen mens durf mis nie.

Die gallery is Saterdae en Sondae oop vanaf 09h00 tot 16h00 of alternatiewelik kan ‘n spesiale afspraak gemaak word.
Korporatiewe en privaat opdragte word verwelkom.  Verpakking en wêreldwye versending is op die lys van hulle dienste.
Alle kredietkaarte is welkom.

Tél: +27 - 12- 205 - 1026
Faks: +27 - 12- 205 - 1026
Sel: 082 - 891- 9987
Eposl:
Address: P.O.Box 1684
Northcliff, 2115
South Africa
Webblad: www.dietmarwiening.com

 

Sign / View our Guestbook
If you would like to exchange links with us, please visit our links page

© 2010 Art Gallery of Bronze Sculptures by Dietmar Wiening. No portion of this site may be reproduced by any means, electronic or otherwise, without the express written permission of the publisher. Contact Info: P.O.Box 226, Broederstroom 0240, South Africa: Fax 086-6596515; Cell 082-891-9987; Plot 281, Broederstroom, Hartbeespoortdam, North West Province

 
 

Art Majeur Silver Award 2009

SA Web Awards Bronze Winner